Verwyder voorkomsreëls by Hoërskool Strand

The Issue
In die 4 jaar wat ek al by Hoërskool Strand is, het ek al baie van die skool se reëls beleef asook bevraagteken. By verre die mees betekenislose reëls is die voorkomsreëls.
Die eerste probleem is dat die reël geen probleem oplos nie, dit beskerm niemand teen enigiets nie en het geen motivering om te bestaan nie. Die reël benadeel leerders slegs omdat hulle ongemaklik is en omdat die skoolklere onredelik duur is. Niemand baat by skoolklere nie en ons is nie die skool se "advertensies" nie. Bygesê het geen leerder ingestem op die reël nie. Dit is onregverdig, want as leerders by die skool, is dit ons toekoms wat ter sprake is en ons behoort te kies hoe dit verloop. Ek glo as leerders toegelaat sou wees om gemaklik te wees, sou die atmosfeer by die skool baie meer positief wees en dat leerders meer bereid sou wees om te leer en skool by te woon.
Nog 'n kwessie is dat dit probleme veroorsaak in stede van oplos. Gister het ek as leerder dit self beleef. Die skool het byna 'n uur en 'n half (amper twee periodes) gemors om "voorkoms inspeksie" te doen. Die tyd wat gemors word om leerders te straf vir hulle voorkoms is akademiese tyd wat verlore gaan. Matrieks voel dit die ergste omdat daar nie juis baie akademiese tyd is om mee te begin nie. Daar is ook geen verband tussen dissipline en voorkoms nie; dit kan selfs dissipline verswak omdat leerders gefrustreerd en ongemaklik is. Dit is ook nie die skool se doel om leerders te dissiplineer nie. Ons is nie by die skool om aantreklik te lyk vir onderwysers nie, ons is by die skool met die doel om te leer. Leerders word gestraf en ons akademie word gesteel oor 'n probleem wat nie bestaan nie. Die voorkomsreëls is verouderd en dit hinder die skool en leerders se potensiaal en vryheid. Die skool se doel is om leerders te onderrig, nie om distopiese reëls op leerders af te dwing nie.
Die reëls kan ook gesien word as 'n oortreding van die Grondwet onder die volgende artikels:
Gelykheid (artikel 9):
Om streng, lineêre voorkomsreëls op leerders af te dwing, kan gesien word as 'n skending van hierdie artikel indien leerders se voorkoms 'n uitdrukking van hul etniese of sosiale oorsprong, geslag, oriëntasie, geloof, kultuur of ras is.
Menswaardigheid (artikel 10):
Soos bogenoem, indien 'n leerder se voorkoms 'n uitdrukking is van hul identiteit, en hul hulself nie kan uitdruk as gevolg van die voorkomsreëls nie, kan dit asook 'n skending van hul menswaardigheid wees.
Vryheid van uitdrukking (artikel 16):
Leerders het die reg om hulself uit te druk en voorkomsreëls neem die vryheid weg.
Bron: https://www.justice.gov.za/constitution/SAConstitution-web-eng.pdf
Daar is die bekommernis dat daar leerders sal wees wat onvanpaste of blootstellende klere dra, maar die oplossing is eenvoudig: die leerder moet op die eerste insident huistoe gestuur word en op die tweede moet hulle die skool verlaat. Op dae waar ons gewone klere mag dra, is die hoeveelheid leerders wat onvanpaste klere dra minimaal tot geen en so glo ek dat dit nie 'n probleem sal wees nie.
Dus glo ek dat voorkomsreëls by Hoërskool Strand so gou as moontlik verwyder moet word.
139

Petition Updates
Share this petition
Petition created on 11 April 2026