Kanselleer die SPCA Darling Tender: Bergrivier se Diere Verdien Plaaslike, Menslike Sorg /
The Issue
DEMAND FOR THE CANCELATION OF THE TENDER AWARDED TO SPCA DARLING FOR ANIMAL CARE IN THE BERGRIVIER MUNICIPAL AREA
(Scroll down for English)
Ons is inwoners, veeartse, diere-aktiviste en klein dieresorg-organisasies van Bergrivier - Piketberg, Velddrif, Porterville, Eendekuil, Aurora, Redelinghuys. Ons is geskok om te hoor dat Bergrivier Munisipaliteit 'n tender vir ALLE dieresorg in ons streek aan SPCA Darling toegeken het, sonder dat ENIGE plaaslike organisasie, aktivis of veearts daarvan geweet het of om insette gevra is. Hierdie besluit voldoen nie aan ons diere se behoeftes nie en is wreed en verkwistend.
WAT IS FOUT MET DIE TENDER?
1. Geen deursigtigheid nie. Die mense wat elke dag in die strate diere red, is nooit gekonsulteer nie. Die tender weerspieël nie die werklikheid op die grond nie.
2. Geen nood- of sterilisasieplan nie. Voorheen het die munisipaliteit 10 sterilisasies per maand betaal om die krisis van onbeheerde aanteel te beheer. Dit is nou weg. Daar is geen plan vir noodgevalle nie.
3. Diere ly. Diere word nou tot 100km ver na Darling vervoer in onbeskermde toestande. Dis ure se vrees en stres vir 'n reeds beseerde of verwaarloosde dier.
4. Dit kos JOU as belastingbetaler meer. Vir elke rit moet 'n munisipale voertuig en een of meer amptenare saamry Darling toe en terug. Dink aan die brandstof, die slytasie, die ure se salarisse en die werk wat in ons eie dorpe agterbly terwyl hulle op die pad is. Terselfdertyd word klein plaaslike organisasies wat van skenkings leef, gedwing om die munisipaliteit se werk te doen.
Die kennis van dieresorg lê nie by die munisipaliteit nie - dit lê by ons, wat die werk doen.
ONS EIS:
Kanselleer die huidige tender aan SPCA Darling onmiddellik. Begin 'n nuwe, deursigtige tenderproses waar alle plaaslike rolspelers skriftelik uitgenooi word. Verseker dat die nuwe tender voorsiening maak vir 24/7 noodgevalle, 'n volhoubare sterilisasieprogram, en plaaslik-gebaseerde sorg.
Teken asseblief en deel wyd. Die diere van Bergrivier het nie 'n stem nie - ons moet vir hulle praat.
We are residents, vets, animal activists and small animal welfare organisations from Bergrivier - Piketberg, Velddrif, Porterville, Eendekuil, Aurora, Redelinghuys.We are shocked to learn that Bergrivier Municipality awarded a tender for ALL animal care in our region to SPCA Darling, without ANY local organisation, activist or vet knowing about it or being asked for input. This decision does not meet our animals' needs and is cruel and wasteful.
WHAT IS WRONG WITH THE TENDER?
1. No transparency. The people who save animals in the streets every day were never consulted. The tender does not reflect the reality on the ground.
2. No emergency or sterilisation plan. Previously the municipality paid for 10 sterilisations per month to control the crisis of uncontrolled breeding. That is now gone. There is no plan for emergencies.
3. Animals suffer. Animals are now transported up to 100km to Darling in unprotected conditions. That is hours of fear and stress for an already injured or neglected animal.
4. It costs YOU as a taxpayer more. For every trip, a municipal vehicle and one or more officials must drive to and from Darling. Think of the fuel, the wear and tear, the hours of salaries and the work left undone in our own towns while they are on the road. At the same time, small local organisations that live on donations are forced to do the municipality's work.
The knowledge of animal care does not lie with the municipality - it lies with us, who do the work.
WE DEMAND:
Cancel the current tender to SPCA Darling immediately.
Start a new, transparent tender process where all local stakeholders are invited in writing.Ensure the new tender provides for 24/7 emergencies, a sustainable sterilisation programme, and locally-based care.
Please sign and share widely. The animals of Bergrivier have no voice - we must speak for them.

628

The Decision Makers
Petition Updates
Share this petition
Petition created on 25 August 2026