Worcester Action Against Fireworks

0 have signed. Let’s get to 5,000!


Oukers 2017 het klappers n slagting veroorsaak onder diere in die Vallei. Die gemeenskap het saamgestaan en Wetstoepassers en BVM het dadelik opgetree teen klapper verkopers na druk van die gemeenskap af. Die aksie was so suksesvol dat minimale diere beseer en gedood is teen Oujaar 2017.

2018 is daar weereens GEEN pro-aktiewe aksie geneem nie, alhoewel daar in die besprekings vroeg in 2018 onderneem is dat daar dringende aandag gegee sal word aan die gemeenskap se uitroepe teen klappers. Dit het die grootste en grusaamste slagting nog  veroorsaak onder die diere in Worcester, met die meeste gevalle en beserings en dood asook misplaaste diere OOIT aangemeld en gehanteer deur local Diereorganisasies in die feestydperk.

Ons as Worcester en breer Breedevallei gemeenskap het genoeg gehad en wil BLYWENDE pro-aktiewe aksies op die tafel he vanaf Wetstoepassers en die Breedevallei Munisipaliteit. Wetgewing moet toegepas word en nie net altyd in die beplanning van 'uitrol' wees nie. Daar IS reeds nasionale wetgewing insake die Plofstof wetgewing wat toegepas kan word. Onwettige verkopers moet vervolg word, vuurwerke moet konfiskeer word, swaar boetes moet opgele word vir verkopers asook klapper-skieters wat oortree en binne woongebiede klappers afvuur. Wette moet toegepas en uitgerol word soos al jare belowe word. Aksie moet geneem word sodat daar NOOIT WEER soveel diere op so grusame manier gedood en beseer word agv iets wat voorkom kon word deur pro-aktiewe aksies nie. BVM en Wetstoepassers moet onboard kom met Diereorganisasies en die gemeenskap sodat die bloedbad in die vervolg voorkom kan word.

Klappers beinvloed nie net die diere nie, alhoewel die slagting onder diere astronomies is. Worcester het ook een van die grootste inwonertal van gestremde en bejaarde mense in die streek, twee massiewe hospitale wat reg langs die 'hotspots' van klapperskieters gelee is, asook n magdom ouetehuise in die areas. Almal mense wie in baie gevalle ontsettend sensitief is en vir wie die effek van klappers onbeskryflike gevolge het. Om nie te praat van die feit dat dit n waterskaars-streek is nie. Leer uit die Pringlebay klapper-brande, wat gaan gebeur as daar in n oorbevolkte woonbuurt met tydelike strukture n brand ontstaan agv klappers of ons pragtige botaniese tuine of plase wie aan honderde mense in die gemeenskap werk verskaf tot op die grond afbrand? Net die gedagte aan die verwoesting en dood wat dit kan veroorsaak is vreesaanjaend...Dit gee nog meer rede hoekom Worcester die voorbeeld moet stel, leiers hulle gemeenskap eerste moet stel sonder verskonings en daar pro-aktiewe aksies en ideaal die totale verbanning van verkoop en afvuur van vuurwerke oorweeg moet word in hierdie dorp. Ander dorpe se Wetstoepassers en Leiers kon tafel toe kom, tenspyte van mannekrag tekorte en ander verskonings.

Ons, die gemeenskap van Worcester vra dat BVM en Wetstoepassers daardie dorpe se aksies en voorbeeld volg en ook n voorbeeld word in Suid-Afrika deur die Omgee Dorp waarvoor Worcester uitgegee word, te word.