Justice for beloved Beagles shot dead in Calvinia
The Issue
Donderdag namiddag, 11 November 2021 het ek en my man by die huis gery om ons werkers terug te neem Calvinia Wes toe. Nadat ons hulle afgelaai het, het ons vinnig 'n draai gemaak by Spar in die dorp voordat ons teruggekeer het huis toe. Tuis aangekom sien ons dat iemand ons hek oopgemaak het en dat al 7 ons beagles weg is. Ons het dadelik weer in die motor gespring en gery om hulle te gaan soek. Op die buurgrond het ons een van die reuns gerry - sy voetjie was seer en hy kon klaarblyklik nie byhou by die ander nie. Toe ry ons Witwalle toe, rigting Kleinplasie, en op die hoek by Witwal plaas se hek ontmoet ons vir Mnr X en sy vrou wat voor hulle huis in die straat staan en uitkyk oor Witwal plaas se gronde. Op ons vraag of hulle nie dalk ons honde gesien het nie, sê Mnr X nee, maar iemand is besig om te skiet op Witwal en hulle kan nie sien op wat daar geskiet word nie. Hulle het Witwal se hek vir ons oopgemaak en ons het ingejaag tot ons by 'n Land Cruiser bakkie uitgekom het, met 'n skietstoel en 308 geweer gemonteer bo-op die bakkie. Die skieter was besig om aan te lê op iets, maar het opgekyk toe ons aangejaag kom. My man Mnr x vra toe vir hom of hy besig is om op honde te skiet. Ja oom, sê hy. Mnr X vra toe hoeveel honde het hy al doodgeskiet, en hy sê twee, oom, 'n groterige reun en 'n kleintjiie met 'n pienk halsband. En hier is nog so 'n hardegat ene wat hier naby onder 'n bos wegkruip, wat ek nou probeer bykom. Ons vra toe vir hom om op te hou skiet, dis ons honde wat R 9,000 elk kos. Hy het homself voorgestel as Mnr X. Ons het ons hondjie onder die bos gaan optel. Hy sê toe jammer, oom, julle kan die twee dooie honde daar oorkant gaan kry, volg net my bakkie se spore. Hy sê hy moet nou dringend Williston toe gaan, maar dat ons honde by die skape gelol het en dat een van hulle die perd voor die bors gebyt het. Op ons vraag wie hom gesê het om die honde te skiet, sê hy die eienaar van die plaas het hom gebel. Hy en die jong outjie saam met hom het hulle toe baie vinnig uit die voete gemaak. Ons het toe ons twee dooie honde gaan soek - albei was deur die kop geskiet met 'n 308 patroon, wat verder agtertoe weer uit hulle liggame gekom het.
Daarna het ons die twee oorlewende honde huis toe geneem en polisiestasie toe gegaan saam met Mev X, die SPCA dame op Calvinia. My man het 'n verklaring gedoen en 'n klag gelê by Konst. Swart by Calvinia polisiestasie. Die konstabel het gesê dat Mnr X die saak sal hanteer, en dat hy vanoggend, Vrydag 12 November vir ons die saaknommer sal stuur. Ons het egter geen saaknommer ontvang nie, en omstreeks 13h15 is ons weer polisiestasie toe. Die dame aan diens sê toe dat Mnr X eers Maandag met die aanklaer moet gesels om uit te vind onder watter rubriek Mnr X aangekla moet word, en dat hy dan Maandag vir ons die saaknommer sal stuur.
Intussen het ons uitgevind dat:
1) Mnr X tans met verlof is
2) Daar geen klag gelê is nie
3) Daar geen dossier of selfs navraag geopen is nie
4) Die polisie vanoggend half 8 Mnr X se verklaring geneem het, en dat hy beweer het dat hy gemagtig was om ons honde te skiet
Mnr X is 'n eks-polisieman wat steeds baie goed bevriend is met die speurders in Calvinia, en dis vir ons duidelik dat hulle hom probeer beskerm deur geen saak te open nie. Ons sal Maandag weer polisiestasie toe gaan en daarop aandring dat 'n dossier oopgemaak word en 'n klagte gelê word. Die dorpenaars is egter van mening dat daar niks van die saak sal kom nie, want die speurders in Calvinia is almal korrup en sal hom beskerm. Maar ons gaan die saak nie daar laat nie, ons het alreeds ons prokureur opdrag gegee om 'n siviele saak teen hom te lê. Ons beoog ook om klagtes te lê by die District Commissioner in Springbok en die speurderköordineerder van die Noord Kaap. Ons twee beagles was absoluut opreg geteeld, en die kleintjie, ons tefie Brandy was nog nie reggemaak nie omdat ons nog met haar wou teel. Die skade is dus nie bloot emosioneel van aard nie, maar ook finansieël. Mnr X was onder geen omstandighede geregtig om ons honde te skiet met 'n groot jaggeweer nie, en was ook nie in staat om vir ons enige geskonde skape of ander diere te wys nie. Hy het die wet moedswillig oortree en moet in die naam van geregtigheid vir alle diere wat nie vir hulself kan praat nie, vervolg word. Ons neem hierdie verpligting op ons skouers en sal aanhou totdat geregtigheid seëvier.
Petition Closed

The Decision Makers
Petition Updates
Share this petition
Petition created on 13 November 2021