GEE SUID-AFRIKANERS REGVERDIGE KANSE TOT MEDIESE SORG.

8

Let’s get to 10 signatures!
Petitions with 1,000+ supporters are 5x more likely to win!

The Issue

Ons vra dat die laat aansluit boetes op mediese fondse hersien word.

Hoe kan dit regverdig wees dat Suid-Afrikaners wat jare lank nie mediese fonds kon bekostig nie, nou nóg meer moet betaal wanneer hulle uiteindelik probeer om mediese dekking te kry?

Dink aan die gewone werkende mens. Iemand wat elke maand probeer om kos op die tafel te sit, huur of verband te betaal, vervoer te bekostig en vir sy of haar gesin te sorg. Vir baie mense is mediese fonds eenvoudig buite bereik.

Wanneer daardie persoon uiteindelik finansieël in ’n posisie is om mediese dekking te probeer bekom, kan ’n laat aansluit boete van honderde rande ekstra per maand die droom van private mediese sorg weer buite bereik plaas.

Ons verstaan dat mediese fondse finansieël volhoubaar moet wees. Ons verstaan ook dat daar reëls nodig is om die stelsel te beskerm. Maar waar is die regverdigheid wanneer mense wat nie mediese fonds kon bekostig nie, finansieël verder benadeel word wanneer hulle probeer om verantwoordelik vir hul gesondheid te wees?

Nie almal was sonder mediese fonds omdat hulle dit nie belangrik geag het nie. Baie mense het eenvoudig nie die geld gehad nie.

Ons doen daarom ’n beroep op die Raad vir Mediese Skemas, die Minister van Gesondheid en die betrokke beleidmakers om:

1. Die huidige laat aansluit boetes dringend te hersien.
2. ’n Billike vrystelling of vermindering te oorweeg vir mense wat kan aantoon dat hulle weens finansiële swaarkry nie mediese fonds kon bekostig nie.
3. Bekostigbare maniere te ondersoek waarop mense weer by mediese fondse kan aansluit sonder dat buitensporige bykomende koste hulle uitsluit.
4. Die publiek te raadpleeg en die uitwerking van hierdie boetes op gewone Suid-Afrikaanse huishoudings te ondersoek.

Ons vra nie vir gratis mediese sorg nie. Ons vra nie dat mense sonder enige reëls by mediese fondse moet kan aansluit nie.

Ons vra vir billikheid. Ons vra vir menswaardigheid. Ons vra dat armoede nie ’n lewenslange finansiële nadeel moet word wanneer iemand uiteindelik probeer om sy of haar gesondheid te beskerm nie.

Gesondheid behoort nie net bereikbaar te wees vir mense wat dit nog altyd kon bekostig nie.

As jy glo dat hierdie reëls hersien moet word, ondersteun asseblief hierdie oproep. Deel dit met jou familie, vriende, kollegas en gemeenskap.

Laat ons saam vra vir ’n stelsel wat verantwoordelike deelname aanmoedig, sonder om mense wat finansieël gesukkel het, onnodig verder uit te sluit.

Teken en ondersteun die oproep vir ’n regverdiger mediese fonds stelsel in Suid-Afrika.

#RegverdigeMedieseDekking
#HersienLaatAansluiterboetes
#GesondheidVirAlmal

Petition Updates