Versoekskrif om Bonzo’s Strand Kafee oop te hou / Keep Bonzo’s Beach Café open

Versoekskrif om Bonzo’s Strand Kafee oop te hou / Keep Bonzo’s Beach Café open
Why this petition matters
Bonzo’s is ingelig dat ons huurkontrak nie deur die ATKV hernu gaan word nie en dat Bonzo’s sal moet toemaak einde Augustus hierdie jaar. Die rede was aangevoer dat die munisipale regte nie voorsiening maak vir Bonzo’s nie. Gelukkig het die Mosselbaai se Munisipaliteit skriftelik bevestig dat hulle nie ‘n probleem met Bonzo’s het nie: “Daar is bevind dat die aktiwiteite in lyn is met die sonering in ag geneem dat die kiosk die breër ATKV oord bedien. Daarom is geen aksie vanaf die Munisipaliteit geneem om Bonzo’s toe te maak nie. Vertrou bogenoemde sal die ATKV gerus stel dat daar geen grondgebruik oortreding is om Bonzo’s op die betrokke perseel te akkommodeer nie.” (Mosselbaai Stadsbeplanning)
Asseblief help ons. Onderteken die versoekskrif om te pleit by die ATKV dat “Bonzo’s Strand Kafee / Beach Cafe” mag voortleef. Ons is baie lief vir dit waarvoor die ATKV staan en wil graag voortgaan en deel bly om hulle lede, die Hartenbos en Mosselbaai publiek te dien. Ons het in die pandemie oopgemaak en onsettend lief geword vir ons kliënte en besoekers. Ons weet Bonzo’s is net so geliefd. Nege mense gaan hul werk verloor. Asseblief help met ons vertoë om oop te bly. Liefde: Bonzo, Tiaan, Dillan, Vuyo, Excited, Victor, Magriet, Ciya, Cive.