Resist Unfair Tariffs Imposed by Overstrand Municipality

Resist Unfair Tariffs Imposed by Overstrand Municipality

0 have signed. Let’s get to 1,000!
At 1,000 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!
Gerhard Ras started this petition to Wie maak Gansbaai Lekker

Overstrand Munisipaliteit belas die inwoners van Groter Gansbaai met onbillike & onbekostigbare tariewe. 

Elektrisiteit: Die basiese heffing is met 15% verhoog vanaf R 335,00 pm na R 385,00 pm. OM beweer die basiese heffing is deel van die goedgekeurde tariewe. Indien dit korrek is, waarom word dit gehef op vakante erwe want "tariewe" impliseer verbruik. Insake die tariewe self is dit onbillik dat De Kelders, Kleinbaai & Franskraal dieselfde tarief betaal as woonbuurte wat straatligte het. Die tarief vir elektrisiteit vervat 'n koste komponent vir straatligte.

Riool: Die woonbuurte De Kelders, Kleinbaai & Franskraal het in baie gevalle syfer dreine wat nie deur OM gediens word nie of put dreine wat wat teen' n tarief gedien word. Daar is geen rioolstelsel wat aan rioolwerke gekoppel is nie & nogtans hef die OM 'n basiese heffing asof dit beskikbaar is, soortgelyk aan Hermanus of in dele waar' n rioolstelsel beskikbaar is.

Wetgewing: Artikel 74(2)(a-b) van die Munisipale Stelselswet, 32 van 2000, bepaal uitdruklike dat 'n munisipaliteit tariewe moet hef proporsioneel tot hoeveel verbruikers dit gebruik.

Die Saak: OM ignoreer die wetgewing & hef sekere tariewe onwettig & buitensporig tot die gebruik daarvan, veral die geval van De Kelders, Kleinbaai & Franskraal asook onbeboude erwe. Dit is nie ons skuld dat hul begroting buite beheer geraak het agv die hoë salaris rekening nie. 

Aksie Verlang: Die OM moet gestuit word in sy uitbuiting van inwoners deur onbillike heffings. 

0 have signed. Let’s get to 1,000!
At 1,000 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!