Teenstanding teen sluiting Kleinfontein Primêre Skool

Teenstanding teen sluiting Kleinfontein Primêre Skool

453 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!

Petisie aan Wes-Kaap Onderwys Departement .

Ons as Beheerliggaam en ouers van Kleinfontein Primêre skool rig hierdie petisie lys aan om teen te staan teen die sluiting van Kleinfontein Primêre Skool . 

Agtergrond van Kleinfontein Primêre Skool

Kleinfontein Primêre Skool is geleë op die plaas Kleinfontein, ongeveer 33 km vanaf Swellendam. Die skooleiendom behoort aan Mnr. Hanrico Cilliers. Op 4 Februarie 1957 betrek die eerste leerders die skool en dit word gevestig as ‘n eenpersoon skool. In 1973 word die skool twee-persoon skool. Ons skool is dus 65 jaar oud. Tans is ons twee opvoeders en 3 assistente met ‘n kok vir voeding. Leergang is vanaf graad 1-6. Leerdergetal is 24 vir 2022.

Sukses stories 

Verskillende oudskolliere van Kleinfontein Primêre Skool het al verskeie suksesse behaal tydens die bestaan van die skool. Hier is polisiemanne, bestuurders,verkeersbeampte en vele meer al behaal.Hier  is potensiaal vir vele groei in hierdie gemeenskap vir die huidige leerders en toekomstige leerders.

Ons redes hiervoor:

  1. Busvervoer gaan vertraag word na skool  weens wye afstande. Leerders gaan fisies uitgeput word.
  2. GEEN SKOOL = ARMOEDE. Want die ouers op die plase gaan wil verhuis vir hulle kinders se onthalwe en staar dan werkloosheid in die oë.
  3. Omgewing verandering is nie altyd voordelig  vir ‘n leerder se welstand en opvoeding.
  4. Historiese gebou en jare lange geskiedenis van opvoeding vir die leerders van die omliggende plase.
  5. Die ouers en gemeenskap is nie gelukkig oor die skuif nie .
  6. Beheerliggaam was nie geken in die saak nie.
  7. Werkskepping word weggeneem vir die gemeenskap.
  8. Die hele proses is nie deeglik gevolg nie.
  9. Geen kennisgewing aan plaaseienaars, werkers/gemeenskap se werkskepping word benadeel.
  10. Skool is ‘n diens vir die gemeenskap, wanneer daar noodhulp nodig is, internet en die skool word ook gebruik vir geestelike(VGK-Gemeente) byeenkomste vir die gemeenskap.
  11. Die leerders moet ander busroete vat en die gevare van die nat paaie, byvoorbeeld by die plaas “Brakfontein” wat moeilik bekombaar is wanneer dit reën.
453 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!