Stop die uitbreiding van die smousarea langs die R101/Naboomspruit pad

Stop die uitbreiding van die smousarea langs die R101/Naboomspruit pad

0 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!
Marcelle Maritz, VF Plus Limpopo leier en LPW | Rdl. Stephanie Alberts started this petition to Mokopane (Potgietersrus) inwoners and

Die onwettige smousarea langs die R101/Naboomspruit pad is besig om vinnig uit te brei.

Buiten die feit dat dit onwettig is, belemmer dit ook soms die verkeer en skep dit geleenthede vir kriminele aktiwiteite in die aangrensende woonbuurte. Boonop is die gebrek aan ablusie geriewe onhigiënies en is daar 'n omgewingsimpak deurdat bome afgekap word om vuur mee te maak en rommel/vulllis (soms uit die motors van kopers wat daar stop) word bloot in die bosse agter die stalletjies gegooi. 

Dit is jou grondwetlike reg om in 'n veilige skoon omgewing te woon. (Grondwet, Artikel 24)

Ons kort slegs jou handtekening as inwoner om ons hand te versterk in die Mogalakwena munisipale raad. Raak betrokke en besef dat niks gaan verander solank ons net stil sit en wag vir beter dae nie. 

Staan op, staan saam, staan sterk en hou koers saam met VF Plus Limpopo!

 

0 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!