Petition Closed

Erken REIVILO as beste stad in die wêreld

This petition had 64 supporters


Wees gegroet hofnarre!

Dis ek! Gertjie van Reivilo! Hiermee vra ek u en al u kliënte (wetbrekers en wethouers) om julle stemme te loop dik maak - ja, selfs dikker as Specky se kettingsaagstem - solat my tuisdorp wat Reivilo heet, ook gelys kan word as die plek met die meeste en beste kwalitie of laaif! Ek sal settil vir eerste plek op die lysie. Hierdie petisie het sy oorsprong nadat 'n Tek stoor genaamd Meser 'n opname gemaak het, maar my mening is dat dié organisasie gekêptjir is, want nie ek, Gertjie van Reivilo, of Oupie, of Abdool, of Dok Veregat, of Doom Rassie van die Dopperkerk, of enige ander Kalahariaan het aan die opname deelgeneem nie. 

Eerstens: Hoe de drommel verskyn 'n plek met die naam Vienna bo-aan dié lysie? Dis dan 'n dekselse pienk wors! Ly die beoordeelaars aan klein-rooiworsie-sindroom of wat? 

Tweedens, behalwe vir die plek genaamd "Duin 7" is dit my gat se prop dat Durban se naam op dié lysie geskrywe staan! Ek meen, daar word meer kele afgesny as by die abbatoir hier agter die koöperasie in my tuisdorp. Toegegee, Durban het 'n see, maar hier by ons is ek die COO (canabis oil officer) van Oupie's Sea of Green Enterprizes Inc., so wat's hulle see nou eintlik beter? Reivilo is nou wel 'n klein rustige dorpie, maar jy moet hoor hoe loop gaan ons tekere by die Suipgat op Vrydagaande! Ons dorpie is rustig en nie "urban" nie, so ons trêfiek loop glad (behalwe in Februarie wanner ons oefen vir die jaarlikse Donkey Prix). Durban se naam spreek vanself - neem die letter "D" wat vooraan geskrywe staan weg, en dit lees "Urban"!

Driedens: Dit is ook my gat se prop (al het ek net een gat) dat Kaapstad die lysie loop maak het! Oukei, hulle het 'n plat berg, maar die hele  dêm Kalahari is mos ook plat! Daarby weier die stadsvaders van Kaapstad om Oupie se olie as medisyne te wettig! As hulle dit toegelaat het sou Dok Krisjan nie norag gehad het om twee mense se harte te loop omruil by die Groot Skuur hospitaal nie - nou wil hulle loop spog met die kastige mediese deurbraak! G'n wonner as jy die "K" wegvat wat vooraan die naam geskrywe staan, dan spel dit "Aapstad"!

Ander redes:

- Durban is Ingils! G'n mens verstaan hulle nie.

- Kaapstad suip suurwyn. Ons gooi mampoer.

- Durban het Riksja's. Ons het donkiekarre.

- Ons skree vir die Griekwas. Ons het nog nooit 'n SuperRugby game verloor nie.

As Abdool (wat in Durban gebore geraak het) met my kan saamstem, glo ek julle sal my ook ondersteun hiermee.

Kom ons druk vir Meser 'n vet pit en petisie hulle om Reivilo bo die Weense Worsie-stad in te skuif in die eerste plek!

Wiewa Reivilo wiewa!

 Groetnis

Gertjie van Reivilo



Today: Gerhard is counting on you

Gerhard Visagie needs your help with “Legal Talk SA: Erken REIVILO as beste stad in die wêreld”. Join Gerhard and 63 supporters today.