Schalk Bezuidenhout vir nuwe Boer Soek ń Vrou aanbieder

Schalk Bezuidenhout vir nuwe Boer Soek ń Vrou aanbieder

Started
10 January 2020
Petition to
kykNET and
Signatures: 827Next Goal: 1,000
Support now

Why this petition matters

Started by Shannon Moss

Die tyd het gekom vir Leah om afskeid te neem van Boer Soek ń Vrou en alhoewel dit n hartseer saak is voel ons as Afrikaners terselfdetyd opgewonde vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Schalk Bezuidenhout, een van Suid Afrika se TOP komediante, pleit hierdie jaar vir die tweede keer om aangestel te word as aanbieder van die geliefde Boer Soek ń Vrou liefdes programme wat deur kykNET uit gesaai word.

Dié gewilde TV program het al vele goeie aanpassing oor die jare gemaak om by te hou met veranderende tye. Vroue boere en Gay boere het hul debute gemaak en ons vind ons self nou in ń nuwe era waar dit tyd is om plek te maak vir nuwe aanbieder bloed.

Wie beter as ons eie Schalkie? Hys tans smoor verlief en verloof, en was vir menige seisoene te vinde as aanbieder van Die Kliek, ń aweregse dating-program wat deur talle Suid Afrikaners geniet was.

Stem jy saam? Sluit aan by hierdie petisie en staan saam as ń nasie om vir Schalkie ons trotse land se nuwe geliefde aanbieder van die gewilde kykNET TV program, Boer Soek ń Vrou, te maak.

Support now
Signatures: 827Next Goal: 1,000
Support now