#Justicevironskinders

#Justicevironskinders

Started
4 June 2022
Signatures: 78Next Goal: 100
Support now

Why this petition matters

Porterville geregstelsel klap Porterville gemeenskap weereens deur die gesig!

Outsider, Kurt Abrahams, Die man wat vir Johnwin(18) koudbloedig VERMOOR het, gaan op 14 Junie  toegelaat word om by die huis(in die Kaap) te gaan sit('onder toesig'). Hy hoef ook geen borg te betaal nie. Hy moet net seker maak dat hy sy hof datums bywoon...lekker.....

Van ervaring weet ons dat "onder toesig" van korrektiewe dienste beteken dat hulle op die krimineel kom "inloer". Met n stelsel wat oorlaai is, weet ons dat 90% van die tyd word daar nooit regtig "ingeloer" nie.

Robyn se moordenaar, wat net R500 borg moes betaal, sit na 4 maande nogsteeds buite en Kurt Abrahams se tyd buite, het nog nie eers begin nie.

Weereens is dit ons HOF wat geen waarde op ons kinders se lewens sit nie. Weereens is dit die HOF wat die verkeerde boodskap, aan ons gemeenskap, uitstuur.

Ons is nie onredelik nie. Ons soek net  JUSTICE vir ons kinders!

Teken die volgende petiesie indien u, geregtigheid vir ons Porterville kinders wil he:

DAAR IS GEEN GELDIGE REDE OM DIE MOORDENAAR VRY TELAAT NIE!

PORTERVILLE GEMEENSKAP DWING STERK DAAROP AAN DAT KURT ABRAHAMS, WAT VIR JOHNWIN VERMOOR HET, AGTER TRALLIES BLY TOTDAT DIE MOORDSAAK FINALISEER WORD.

Ons is n Christen gemeenskap....Elke Porterviller, selfs die wat aan die verkeerde kant van die pad stap, se lewenswaarde is onskatbaar maar Kurt Abrahams, n OUTSIDER, het besluit dat dit nie waar is nie.

Net soos Robyn se moordenaar, kry hy  "vakansie" ...dis die nagevolge van moord pleeg op Porterville.

Ons soek geregtigheid!

 

Teken asb die petiesie....

 

 

 

 

Support now
Signatures: 78Next Goal: 100
Support now