Disiplinere aksie teen Magistraat Ethel Matthysen

Disiplinere aksie teen Magistraat Ethel Matthysen

0 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!
Crime Watch Porterville started this petition to Judical services commission

Magistraat, Ethel Matthysen bedien Porterville vir ongeveer 15jr.

Ons glo dat sy in die verlede haar pligte as Magistraat streng
uitgevoer het, maar dit is nie meer die geval nie.

Dit is verskriklik frustrerend vir ons buurtwag VOLUNTEERS wat die
Polisie na die beste van hulle vermoeë bystaan om kriminele, wat
reedsgevang is, weer binne dae op straat te sien.


Die Polisie patrollie lede is net so moedeloos, om te sien hoe kriminele
binne dae weer op straat is nadat daar baie tyd bestee is om die manne
te betrap.

Magistraat Matthysen is nie ‘n inwoner van ons dorp nie en hoef nie
elke aand in die vroeë oggend ure op te staan om te patrolleer nie. Sy
het geen idee watter negatiewe psigologiese inpak haar aksies op ons
gemeenskap het nie!

Baie tyd en energie word in beslag geneem van buurtwag en patrollie
polisie lede om informasie uit Monte Bertha te kry, wanneer ‘n
inwoner/eienaar se eiendom besteel word.

Kriminele dreig Mont Bertha se inwoners met hulle lewe indien enige informasie
aan die Polisie of buurtwag verskaf word. Mense is nogsteeds bereid om te help want hulle wil n verandering in Monte Bertha sien.

Ons gemeenskap en veral ons bejaardes sowel as Monte Bertha se
inwoners leef in konstante vrees want geen regverdige straf word
deur Magistraat Matthysen aan kriminele gegee nie.

Die kriminele weet hulle kan wegkom omdat Magistraat Matthysen hulle
saak sal uitgooi, ‘n ligte vonnis of geen borgtog gee wanneer hulle
met hul “opgemaakte stories” getuig nie.

Ons kriminele is ONTSETTEND bang vir Magistraat Greyling omdat hy
strafregtelik optree en beskou elke kriminele saak as ‘n ernstige
daad. Ons as gemeenskap van Porterville verwag dat Magistraat
Matthysen eenvoudig net so streng soos hy optree!

Ons buurtwag WhatsApp groep met meer as 230 lede is reeds bewus van
Magistraat Matthysen wat haar werk so ligtelik opneem. Die Buurtwag,
Polisie patrollie lede en plaaslike inwoners verwag dat daar
dissiplinêre aksie teen Magistraat Matthysen geneem word.

Sommige van ons wil he dat sy van die hof verwyder moet word maar sal
haar nog een regverdige kans gee.

0 have signed. Let’s get to 500!
At 500 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!