Gebruik besems! Los rasende LEAF BLOWERS!

Gebruik besems! Los rasende LEAF BLOWERS!
9 have signed. Let’s get to 10!
At 10 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!
Anony MOUS started this petition to Hoerskool Nelspruit
RASER-BLASERS se tyd raak min! Leerders en onderwysers sukkel tydens klasse en na skool om bo die geraas van "leaf blowers" te konsentreer. Ons land is seker 'n voorloper as dit kom by goeie besems. Maar skole in die Laeveld is mal oor dié rasende masjiene wat stof in duisende rigtings waai, mens van jou kop af raas en boonop met diesel-enjins hardloop. Dis 'n baie, baie duur besem!
Die Laeveldse voëls se stemme is al seer, so hard probeer hulle om mekaar te hoor bokant die geraas!
'n Opsomming:
Probleme:
- Geraasbesoedeling
- Stof wat orals geblaas word
- Kan angstigheid verhoog weens konstante geraas
- Baie duurder as besems
Oplossing:
- Vee met 'n besem of hark blare op, dit sal nie veel langer vat as met 'n raser-blaser nie!
JOU STEM sal maak dat hierdie raser-blasers 'n ding van die verlede is.
Dis tyd dat ons ophou kla oor dinge wat ons pla, en dit begin aanspreek!
9 have signed. Let’s get to 10!
At 10 signatures, this petition is more likely to be featured in recommendations!