Victory

Behou die Boerenooientjie!

This petition made change with 2,145 supporters!


Die Boerenooientjie is al vir die afgelope 84 jaar die embleem van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Affies staan bekend as ‘n skool ryk aan tradisie. Staan saam met ons om hierdie tradisie te behou.

Die Boerenooi op ons skoolwapen is die geestelike besit van ons volk en word met trots deur elke Affie gedra. Nadat die beeldhouer Anton van Wouw na Suid-Afrika toe gekom het, was hy so aangegryp deur die Boeremeisie, dat hy die ‘Nooientjie van die Onderveld’ geskep het:

“Sy staan in eenvoud, haar hande gevou, maar haar gedagtes loop so wyd soos die velde.”

In 1932 het Mabel Malherbe, die redaktrise van die ‘Boerevrou’, aan ons toestemming verleen om die embleem as ons wapen te gebruik. Dit was en is steeds ons trots!

Die Boerenooientjie herinner ons aan ons herkoms:

“Trots die stryd van lange jare, in die toekoms rus ons hoop.”

Behou ons geliefde, tradisionele Boerenooientjie wat die stil, sterk waardes van ons skool simboliseer.

 



Today: Michelle is counting on you

Michelle Scholtz needs your help with “Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria: Behou die Boerenooientjie!”. Join Michelle and 2,144 supporters today.